• Tuisblad
  • Ons Stadsbetrokkenheid
  • Bedieninge
    • Blou Saffiere
    • Nood & Armoede
    • Sendingbediening
    • Kinderbediening
    • J 2 K (Studente Gr6 & 7)
    • Gebedsbediening
    • CIA (Tienerbediening)
  • Kontak Ons
PDF | Afdruk | E-pos

CIA (TIENERBEDIENING)

 

“God het jonk wees lief!!” Soveel van die bybel se karakters het God in ‘jonk wees’ tye geroep en die wêreld met hulle geskud. Niks het verander aan hoe God oor jongmense voel nie.

 

In ons senior jeug is ons gefokus daarop om saammet jongmense (tussen graad 7 en 12) die lewe te ontdek en hulle te inspireer om hul wêreld te skud.

 

Ons glo:

  • Christus droom oor jou lewe.
  • Ewige lewe is ‘n ontdekking van God en Sy drome.

  • Waar jy vandaan kom maak nie soveel saak as waarheen jy oppad is nie.

  • Jonk wees is ‘n tyd van soek, passie, wonder, energie, kreatiwiteit, krag en eet(veral vir die seuns)!! 

  • Jy is nie te jonk om… 

 

Ons doen dit d.m.v.:

  • Jeugdienste Sondae@16h30 by die kerk(graad 7-12)

  • Jeug relevante – ‘worship’; – preke en – bespreking van onderwerpe.

  • Daar is ook 2 groepleiers per graad wat in verhouding staan met hierdie jongmense en die pad saammet hulle stap.

  • Ook kom ons graad 6&7’s op Vrydae middae bymekaar vanaf 15h30-16h30 en word hulle aan praktiese maniere van Christen wees blootgestel. 

Is jy ‘n jongmens?

As jy in hierdie grade val wil ek jou uitnooi om jou lewe te kom ontdek en tree vir tree te stap na God se drome vir jou. Onthou: ‘Waar jy vandaan kom maak nie soveel saak as waarheen jy oppad is nie.

 

Is jy ‘n ouer van ‘n jongmens?

Ons harte is om jou kind te lei na die plek waar hy/sy Jesus se drome vir hom/haar uitleef. Ek wil van jou vra om jou kind gereeld aan te moedig om ons te ‘join’, aangesien ons net ongeveer 2ure per week kan bou aan jou kind se positiewe ervarings van Jesus, Ewige Lewe en Jonk wees.

 

Indien jy enigiets wil uitvind, meer betrokke wil raak, of sommer net iets met my wil deel is jy welkom om my enige tyd te kontak.

Tel: 083 655 9665

Email: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Groete Gerrie

 

teenagers1.jpg - 100.45 Kb

Kopiereg - NG Klipfontein - 2011

Webblad ontwerp en onderhou deur: www.mmponline.co.za Webmeester: E-mail

Teken aan