GEBEDSBEDIENING
Die visie van hierdie bediening in aansluiting met die van die gemeente is:
- Ons bid geesvervuld na Bo, binne en buite.
- Dit is die strewe van die bediening dat teen die einde van 2009, gebed die hartaar sal wees van alles wat in Klipfontein gebeur.
- ‘n Nuwe gebedsbewussyn moet weer in ons elkeen se hart tot stand kom.
Gebedsinligting word weekliks in die Ons Onthou deurgegee. Gemeentevas vir Jan en Feb word beplan. Gebedsnaweke waar ons opgelei word om deur gebed te kan bedien word aangebied. Ons skakel in by Jericho mure wat ‘n landswye inisiatief is, en ons bid saam en tydens die Wêreldwye bidddag in Mei 2009. Daar is ook begin met die samestelling van ‘n 24/7 gebed in ons stad en ons neem verantwoordelikheid vir Maandae. Kom en bid saam.
'n Gemeente wat bid is 'n gemeente wat sy plek ken in God se koninkryk en nooit dink dit gaan oor ons prestasies en diensbaarheid nie. Mag 2009 die jaar wees waar gebed ons 1ste prioriteit sal word as dit nie reeds is nie. Kontak die kerkkantoor of Ds. Louis vir meer besonderhede


