NOOD & ARMOEDE 
Om aan te sluit by die gemeente se “na-buite” visie is die Nood en Armoede bediening se doel om die nood om ons raak te sien en aan te spreek. So wil ons uitvoer gee aan ons Hemelse roeping om Jesus se hande en voete te wees. Die bediening word bestuur deur ‘n werkgroep wat bestaan uit gemeentelede. As deel van die Gemeente se stadsfokus het ons ook die Rizpah-bediening tot stand gebring. Vrouens uit alle denominasies in Witbank en omgewing kan hierby aansluit en deel word van ons roeping om veral na die nood van kinders om te sien.
Van verlede jaar het ons projekte met ‘n reusesprong gegroei. Ons bestuur tans nog ons twee Plekke van Veiligheid, Pottebakkershuis en huis Shamah. Huis Shalom, ‘n pleeghuis, het intussen bygekom en ons is tans in die proses om ons vierde huis, Lekaye Izulu, oop te maak. Hierdeur maak ons voorsiening vir die versorging van 24 kinders. Springvalley Chreche is ook nog aan die gang. Hier kan tot 20 kindertjies daagliks versorg word.
Buiten bogenoemde is ons as werkgroep ook nog by verskeie ander projekte betrokke soos: Jeremiah Mandeka Laerskool, Heritage of faith se kerk en Sondagskool in Springvalley en help ons die Thembelethu Werksgroep om die nood in Springvalley te verlig.
Soos gesien kan word is daar ruim geleentheid vir enigiemand wat graag betrokke wil raak
Skakel Anet by 0836661507 en Beyeret …………..



