| Artikel Inhoud |
|---|
| Ons Stadsbetrokkenheid |
| Shelter |
| Alle Bladsye |
ONS STADSBETROKKENHEID
Betrokkenheid by Fraternal
Ons Ds. Louis Cloete is al etlike jare betrokke by ons stad se Fraternal waar hy saam met Pastoor Dave Matlou as voorsitter en geestelike leier optree. Een van ons lidmate het ook ʼn aantal jare gelede ʼn trustfonds gestig om Predikante en Pastore wat aktief by die Fraternal inskakel met finansies te ondersteun waarvoor hulle hulp mag benodig. Een van ons Stad se Besighede het die verantwoordelikheid van die fonds oorgeneem en verskaf tans finansies vir die fonds.
Met die stigting van die fonds is Ds. Louis Cloete en ook ons Gemeente Bestuurder versoek om as Administrateurs vir die fonds op te tree. Ons is dankbaar vir hierdie finansies wat aan ons beskikbaar gemaak word en dat ons as gemeente ook op hierdie manier ʼn verskil in ons stad kan maak.
Gedurende 2010 het ons finansieel met die volgende gehelp:
Skoolgeld vir kinders.
Finansies vir studies en opleiding.
Toets van Oë en verkryging van brille.
Dokters besoeke.
Begrafnis onkostes.
Bywoning van seminare en geestelike opleiding
Herstel van voertuie.
Salarisse aan gevul waar daar ʼn tekort was in gemeentes..
Ons het ʼn kragopwekker gekoop wat gemeentes kan gebruik.
Ons het ʼn klankstelsel gekoop wat gemeentes kan gebruik.
Hierdie week in die stad
Kaalvoetdag
Ons het ook die afgelope week op 05 April deelgeneem aan “Kaalvoet Dag” Ons lidmate het ʼn magdom skoene geskenk wat ons by verspreidings punte kon afgee van waar dit aan behoeftiges uitgedeel kon word.
Koop van grond
Ons lidmate het finansies beskikbaar gemaak vir ʼn gemeente om die grond af te betaal waar hulle ʼn kerk wil oprig. Van ons lidmate is bereid om geld vir hierdie doel aan die gemeente te leen en ander lidmate het weer geld geskenk om die grond te betaal. Hierdie finansies is suiwer bewillig deur lidmate in hulle gehoorsaamheid om te gee en te help. Die mees wonderlikste hiervan is dat daar dubbeld die hoeveelheid geld bewillig is as wat daar nodig was. Op hierdie manier kon ons ook as gemeente ʼn verskil in ons stad maak. Ons is ook besig om ʼn verassing vir hierdie gemeente te beplan met die oorblywende finansies.
Slaapplek vir behoeftiges
Ons gemeente het ʼn huis in 15 Hertzog Straat gekoop om as ʼn “Shelter” te gebruik. Die doel van die Shelter is om slaapplek aan behoeftiges te bied.
Die Shelter was eers aan die Jabezhuis beskikbaar gestel sodat dit deel kan vorm van die Jabezhuis se uitreik proses in die stad.
Weens finansiële en ander redes kon die Jabezhuis nie voortgaan met die Shelter projek nie en die gemeente het die Shelter terug geneem om onder ons eie sorg te bedryf.
Ons wil u nooi om deel te word van ons stad proses en ook om by die Fratenal in te skakel as u wil. Skakel gerus vir Ds. Louis Cloete
by 0845128207 of vir Pottie ons Gemeente Bestuurder by 0788011501 vir meer inligting.


